K2 Saad jou alles-in-een saadverskaffer

K2 Saad is u een-stop saadverskaffer met ‘n volledige reeks akkerbou-, weiding- en groentesaad. K2 evalueer voortdurend nuwe geneties gevorderde kultivars om aan die produsent beskikbaar te stel.

 

Sonneblom uit Argentinië vir Suid-Afrikaanse toestande

K2 Saad stel vanjaar 3 nuwe kultivars bekend naamlik MG305CP en MG360CP*, nuwe Clearfield basters en Aguara 6*- wat ‘n konvensionele kultivar is. Hierdie kultivars het baie goeie opbrengspotensiaal en is goed aangepas in al die sonneblom produksiestreke.

Kompeterende sojabone uit Argentinië en VSA:

 - NS 5009 R is ‘n vinnige kultivar vir die koeler Hoëveld.

 - NS 5909 R is wyd aangepas vir hoëveld sowel as warmer gebiede.

 - NS 6448 R is ‘n nuwe vrysteling met goeie opbrengspotensiaal.

 - NS 7211 R is die beste kultivar vir die warmer en westelike gebiede.

NS 5258 R*, NS 5509 R* en NS 6267 R*, is drie nuwe hoë opbrengskultivars en in die proses om geregistreer te word.

 

Nuwe mielie teellyne vanaf Europa, Mexiko en Brazil

Onlangse vrystellings uit die mielieteelprogram is KKS 8326 B en KKS 8326*. Hierdie medium vroeë kultivars presteer puik in die Mpumalanga, Natal en Oos-Vrystaat gebiede.

Uitstaande kultivars is KKS 8410 BR ‘n medium seisoen, hoë potensiaal geelmielie en KKS 8301 ‘n medium vinnige witkultivar wat uitstekend presteer in die Oostelike gebiede, droëland en besproeiing.

 

Uitstekende weiding gedurende droogte

Sugargraze, ‘n soet voersorghum met hoë produksie en ideaal vir beweiding, kuilvoer of staande hooi omdat hy sy smaaklikheid behou nadat dit doodgeryp is.

Nutrifeed is ‘n baster babala ideaal vir beweiding aangesien dit geen blousuur bevat nie en het ‘n goeie hergroei.

Klein Karoo Saad Bemarking bied dus die alles-in-een produkreeks aan die klient. Kontak K2 Saad vir meer inligting.

Artikel deur Willem Engelbrecht (K2 Saad), ProAgri September 2016.



Back to articles
Next article
 
sitemap
 
home about us products research packing subsidiaries contact us