Beplan jou voervloei die somer

 

Voldoende voer kan die verskil tussen sukses en mislukking beteken in ‘n boerdery wat afhanklik is van volhoubare diereproduksie.

Om voorbereid te wees teen ‘n moontlike droogte, kan produsente meer droogteverdraagsame voergewasse by hul voervloeiprogram inskakel. Gewilde somergewasse wat waterdoeltreffend is, is voersorghum en baster babala (Pennisetum glaucum). Hierdie eenjarige voergewasse kan na gelang van hul baster­eienskap as weiding, in ‘n sny­ en voersisteem, as kuilvoer of as staande­ hooi benut word.

Klein Karoo Saad Bemarking bied produsente ‘n wye reeks sorghum en baster babala­kultivars. Een van die top weidingsgewasse tans in die mark, is K2 se baster babala­kultivar, Nutrifeed. Nutrifeed, met ‘n besonderse uitgebreide wor­telstelsel, het goeie droogteverdraagsaamheid. Produsente moet wel in gedagte hou dat lae fosfaatvlakke en droogtestremming mag lei tot onsmaaklikheid van die gewas. Nutrifeed het egter ‘n vinnige herstelvermoë ná droogte en onsmaaklikheid verdwyn ongeveer twee weke nadat die plant voldoende water gekry het.

As gevolg van hoë droëmateriaal­produksie­potensiaal van goeie voedingswaarde, kan Nutrifeed as ‘n winsgewende voerbron vir enige produserende dier gebruik word. Aangesien hierdie gewas geen moontlikheid vir blousuur­ vergifting inhou nie, is Nutrifeed ook geskik vir beweiding deur perde.

 

Invloed van temperatuur

Grondtemperatuur speel ‘n kritiese rol by ontkieming en tempo van saailing­ontwikkeling. Nutrifeed is gevoelig vir koue en met planttyd moet die grondtemperatuur verkieslik hoër as 18°C wees. Die aanbevole saaidigtheid van Nutrifeed wat onder besproeiing verbou word, is tussen 10-­15 kg/ha. Indien Nutrifeed onder droë­ landtoestande verbou word, kan saaidigtheid tussen 3­5 kg/ha wissel. Vir suksesvolle verbouing moet Nutrifeed op goed­gedreineerde grond gevestig word.

Ekonomiese  en   winsgewende   diereproduksie vanaf Nutrifeed gaan hand ­aan ­hand  met die doeltreffende weidingsbestuur van hierdie gewas.  Produsente  kan  Nutrifeed   ongeveer 4­5 weke na aanplanting bewei of sodra plante goed geanker is, sodat diere dit nie kan uittrek nie. Waak daarteen dat Nutrifeed voor benut­ting te hoog uitgroei. Soos die jong plant groter en langer word neem opbrengs toe, maar die gehalte van die voer daal.

 

Langer groei

Nutrifeed beskik oor ‘n laatblom ­eienskap wat beteken dat dit eers einde Maart/April blom. Die plant bly dus langer in ‘n aktiewe vegetatiewe groeifase. Sodra hierdie gras wel begin saad skiet, is daar ‘n afname in die gehalte van die weiding.

Nutrifeed moet bewei of gesny word sodra produksie en kwaliteit beide hoog is. Hou Nutrifeed langer vegetatief deur op ‘n mak­simum hoogte van 300-­500mm te begin bewei. Vir beste hergroei moet diere weggeneem word voordat die plante korter as 150 mm afgevreet is. So bly die plant se gehalte hoog en vermor­sing deur vertrapping bly laag. ’n Stelsel van kort intensiewe weiperiodes met ’n minimum rusperiode van 20-­30 dae, word aanbeveel.

Weens Nutrifeed se uitstekende kwaliteit, vinnige hergroeivermoë en hoë produksie­potensiaal is dit reeds jare al die nommer ­een voergewaskeuse by produsente. Nutrifeed werk ook uitstekend as ‘n somer­groenbemesting. Ingewerk plaas Nutrifeed groot hoeveelhede organiese materiaal in die grond.

Artikel deur Rudi Kuschke (K2 Saad), BONUS November/Desember 2016.



Back to articles
Next article
 
sitemap
 
home about us products research packing subsidiaries contact us